top of page

BLOG

Lees meer oor al die projekte en persone betrokke by #RedDieEike.

Search

Eerste Eikeboom word geplant

  • Writer: Eikelaan
    Eikelaan
  • Sep 1, 2017
  • 1 min read

Updated: Jun 14, 2018


Op die Lentedag 2017, 'n dag wat simbolies is van nuwe lewe, is die eerste Eikeboom deur die #RedDieEike projek geplant. 'n Groot groep mense vir wie Potchefstroom en sy erfenis na aan die hart is het bymekaargekom oorkant Die Akker Koffiehuis, een van die baie plekke in Potchefstroom wat sy naam van hierdié bome kry.

Oud en jonk het saamgewerk op hierdie belangrike dag; 'n mylpaal in ons poging om ons kosbare erfenis te beskerm.

Ons wil almal wat betrokke was en die projek ondersteun hartlik bedank vir hul bydra tot dusver.


Fotograaf: Marnus Botha

 
 
 

Comments


OOR ONS >

Ons is 'n groep Potchefstromers vir wie die Eikeboomlaning na aan die hart lê. Ons het hierdie projek begin om die bewaring van ons kosbare erfenis te bewerkstellig.

© 2021 by Eikelaan Potchefstroom
Proudly created with Wix.com

  • Facebook - Black Circle
  • Instagram - Black Circle

KONTAK ONS >

E: eikelaanpotch@gmail.com

bottom of page