top of page

BLOG

Lees meer oor al die projekte en persone betrokke by #RedDieEike.

Search
  • Writer's pictureEikelaan

Gas-blog: 2017 Honneurs Joernalistiekstudente



Einde 2017 het vyf uit 11 joernalistiek honneursstudente (Raynique Meyer, Anje de Wet, Jaco-Mari Futcher, Johané van den Berg en Liezil Huyser) as groep saam aan hul finale projek vir die vak joernalistiekpraktyk gewerk.

Die finale projek was 'n multimediaprojek wat uit verskillende elemente, naamlik teks, audio, video en foto's, bestaan het. Ons moes daarom 'n tema kies wat maklik toeganklik is en in elke element uitgebeeld kon word. Nà 'n dinkskrum het ons op die ikoniese eikelaning besluit.

Potch se eikebome is sedert 2014 deel van elkeen van ons se onderskeie studentelewens. Alhoewel ons die eikebome net as selfsprekend aanvaar het, het ons met hierdie projek regtig die betekenis en waarde van die bome ontdek.

Elke boom het sy eie storie - van die een in Kock Straat wat deur 'n ketting aanmekaar gehou

word tot die een in Calderbanklaan wat die grootste akkerboom in die Suidelike Halfrond is en nog twee unieke stories het (meer daaroor kan gelees word in artikel "Kersvader se eikeboom").

Die Eikelaningprojek is 'n bittersoet hoofstuk van ons studentedae en ons sal altyd twee keer kyk wanneer daar oor die Eikelaning geskryf word. Ons sal ook vir altyd die kosbare herinneringe van die dorp, sy mense en stories wat ons tydens hierdie projek teëgekom het, koester.


 

Gaan lees meer oor hierdie studente se projek op hulle webwerf https://potchefstroomeikel.wixsite.com/eikelaning

32 views0 comments
bottom of page